Nagereg – recipes2live4's Blog (2024)

Posted on February 16, 2024 by recipes2live4

Reply


Bron: Flippen Lekker Braai Resepte

Nagereg – recipes2live4's Blog (1)

Bestandele:
5ml koeksoda
250g pakkie dadels, ontpit en fyngekap
250ml kookwater
100g botter
250ml strooisuiker
1 eier
300ml koekmeel
Sout
2,5ml bakpoeier
150g pekanneute, fyngekap


SOUS:
200ml suiker
200ml water
30ml botter
125ml brandewyn


Sprinkel die koeksoda oor die dadels en gooi dan die kookwater oor. Laat afkoel.
Verroom die botter en suiker tot lig en romerig. Klits die eier in. Klits goed.
Sif die droe bestanddele saam en vou dan om die beurt met die dadelmengsel in die bottermengsel. Vou die neute in.
Giet in oondskottel en bak by 180 grade C vir omtrent 45 minute tot goudbruin en gaar.
Maak intussen sous deur die suiker, water en botter in kastrolletjie tot kookpunt te bring. Haal af van stoof en gooi brandewyn by.
Gooi warm sous oor warm poeding.
Bedien.

Posted on December 5, 2016 by recipes2live4

Reply

Maak seker jy gebruik sjokolade van baie goeie gehalte sonder ekstra suiker.

• 50 ml kookwater
• 100 g (120 ml) xilitol-versoeter
• 2 eierwitte
• 200 g 70%-sjokolade, gesmelt
• aarbeie vir voorsit

Bring water en xilitol tot kookpunt in klein pot. Kook 5 minute – bepaal tyd van die oomblik dat water begin kook. Plaas eierwitte in elektriese menger se bak. Klits tot sagte punte vorm. Terwyl menger loop, gooi warm xilitol-stroop geleidelik by. Hou aan klits tot mengsel yskoud is. Vou mengsel vinnig in gesmelte sjokolade in. Verdeel tussen glaskoppies en laat stol sowat 40 minute in yskas. Sit voor met aarbeie

Posted on November 23, 2016 by recipes2live4

Reply

Vergeet van duur restaurant kos, jy kan selfs lekkerder by die huis eet aan hierdie ryk winterkos

Nagereg – recipes2live4's Blog (3)

• 6 tot 8 porsies

Bestanddele
820 g (1 groot blik) pere, gedreineer
250 ml (1 k) bevrore bloubessies
250 ml (1 k) bevrore frambose
125 ml (½ k) ligte bruinsuiker
5 ml (1 t) fyn kaneel
1 klein pakkie karamelblokkies, grof gekap

Hawermout-en-klapper-kors
187 ml (¾ k) hawermout
187 ml (¾ k) klapper
187 ml (¾ k) volkoringmeel
60 ml (4 e) ligte bruinsuiker
2,5 ml (½ t) fyn kaneel
100 g (1/5 blok) botter
30 ml (2 e) melk

• Stel oond op 180 °C.

1Plaas pere, bloubessies en frambose in oondbak van ongeveer 18 cm x 28 cm wat met kossproei gespuit is.
2Meng bruinsuiker en kaneel en sprinkel oor vrugte.
3Sprinkel karamelblokkies oor.
4Hawermout-en-klapper-korsMeng bestanddele vir kors behalwe botter en melk in groot mengbak.
5Vryf botter by bestanddele in. Roer melk by tot goed gemeng.
6Skep bo-oor vrugte en bak vir 20 minute of tot goudbruin bo-op.
7Sit warm saam met vla voor.

Posted on September 20, 2016 by recipes2live4

1


Sous

500 ml water

500 ml suiker

125 ml asyn
Deeg

30 ml botter

125 ml strooisuiker

2 eiers

375 ml koekmeelblom

5 ml koeksoda

10 ml gemmer

1 ml sout

2 ml neutmuskaat

30 ml appelkooskonfyt
Verhit die bestanddele vir die sous saam tot kookpunt. Laat prut vir 5 minute en laat afkoel. Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ‘n oondbak van 26 cm met botter. Verroom die botter en suiker tot lig en romerig. Klits die eiers een vir een by. Sif die droë bestanddele saam en roer dit by. Roer die appelkooskonfyt by tot goed gemeng. Skep in die gesmeerde bak en giet die afgekoelde sous bo-oor. Bak vir 30-40 minute tot goudbruin. Sit voor met vla of roomys.

Posted on June 14, 2016 by recipes2live4

Reply

Ingredients
375 ml (1½ cups) full cream milk
125 – 160 ml (½ or ⅔ cups) white sugar
45 ml (3 Tblsp) butter
1 tsp vanilla extract

Method
Mix sugar and milk together in a heavy-bottomed saucepan.
Stirring often, bring to a low simmer over medium-low heat.
As soon as steam starts lifting off the milk, lower the heat even further, and when the sugar is entirely dissolved, put the heat as low as it can go.

The goal is to reduce the quantity in the pot (which is now about 1¾ cups) by approximately half.
It takes about 2 hours at very low heat to reduce to one cup of liquid.
You could speed it up a bit if you watch carefully and stir often.
.
Once reduced to your satisfaction, whisk in the butter and vanilla.
The recipe is equivalent to just less than one whole can of brand name sweetened condensed milk.

* Depending on what final product your sweetened condensed milk will be used in, you will probably need to allow the mixture to cool considerably before using.
* One other option for a homemade sweetened condensed milk is to add ½ or ⅔ cup unrefined sugar to a can of evaporated milk.
You may need to heat to fully dissolve.

However, you still have to deal with the unhealthy can lining and whatever over-processing makes the milk shelf stable.

Posted on June 12, 2016 by recipes2live4

Reply

Daar is alkohol in die resep, maar as jy dit so verkies, kan jy die brandewyn in die sous vir ’n rukkie verhit en die alkohol uitkook.

Genoeg vir: 6
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 32 min.

125 ml (½ k) kookwater
125 g dadels, ontpit en gekap
2.5 ml (½ t) koeksoda
60 ml (¼ k) botter
125 ml (½ k) bruinsuiker
1 eier, geklop
250 ml (1 k) meel, gesif
2.5 ml (½ t) bakpoeier
’n knippie sout
2.5 ml (½ t) fyn kaneel
1 ml (¼ t) fyn gemmer
’n knippie neutmuskaat
50g gemengde neute, gekap
Brandewynsous
125 ml (½ k) bruinsuiker
10 g botter
1 stuk pypkaneel
60 ml (¼ k) water
60 ml (¼ k) brandewyn
5 ml (1 t) vanieljegeursel

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n 20 cm-bakskottel.

Skink kookwater en plaas die dadels in ’n kastrol en laat kook. Verwyder van hitte, voeg die koeksoda by en meng goed. Laat afkoel.
Meng die botter, suiker en eier tot dit ’n gladde mengsel vorm. Voeg die meel, bakpoeier, sout, kaneel, gemmer en neutmuskaat by en vou in by die bottermengsel.
Voeg die geweekte dadels en neute by en meng goed. Bak 30 min. of tot die middel terugspring wanneer jy daarop druk.

Brandewynsous:
Verhit die suiker, botter, kaneel en water in ’n kastrol tot die suiker opgelos is.
Voeg die brandewyn en vanieljegeursel by.
Skink die warm brandewynsous oor die gebakte poeding wat pas uit die oond gehaal is.

Posted on June 7, 2016 by recipes2live4

Reply

Jy het nodig
2 eiers
1 eetlepel botter of margarien, gesmelt
1 eetlepel gouestroop
2 koppies koekmeel
1 teelepel bakpoeier
knippie sout
1 teelepel koeksoda
½ koppie melk
3 el appelkooskonfyt
knippie gemaalde gemmer
Vir die sous:
4 koppies water
1 teelepel vanieljegeursel
4 koppies suiker
1 koppie room

So gemaak:
Klits die eiers met ’n vurk in ’n middelslagbak. voeg
konfyt en gemmer by.
Voeg die botter en stroop by en meng goed.
Voeg die meel, bakpoeier en sout by en roer deur.
Los die koeksoda op in die melk en voeg dit by die
mengsel.

Gooi al die bestanddele vir die sous in ’n swart
platboompot en laat dit kook.
Roer totdat die suiker gesmelt is.
Skuif die pot oor na matige kole sodat die sous nie
te vinnig wegkook nie.

Skep die deeg lepel vir lepel in die sous en sit die
deksel op., jy moet dit vir 1 uur oor lae hitte prut
sonder om die deksel op te lig,
Haal van kole af en laat rus vir 10 minute voor die
deksel oplig en bedien.

Die poeding word mooi bruin in die pot en smaak
heerlik saam met vla of Ideal-melk, roomys ens…

Posted on May 29, 2016 by recipes2live4

Reply

Bereiding: 10 minute
Baktyd: 30 minute
Genoeg vir 4 mense
125 ml (½ k) strooisuiker
180 ml (¾ k) koekmeelblom
10 ml (2t) koeksoda
knipppie sout
1 ekstragroot eier
250 ml (1 k) melk
5 ml (1 t) asyn
15 ml (1 e) botter, gesmelt
5 ml (1 t) karamelgeursel
Sous
80 ml (? k) bruinsuiker
30 ml (2 e) botter
250 ml (1 k) room
Voorverhit die oond tot 180 ºC en smeer vier bakkies.
Sif die droë bestanddele saam.
Klits die eier, melk, asyn en botter saam.
Voeg die droë bestanddele by die eiermengsel en roer tot glad.
Roer die karamelgeursel in en giet die mengsel in die gesmeerde bakkies.
Bak 20 minute.
Sous Meng al die bestanddele in ’n kastrol en roer tot die botter smelt.
Prik klein gaatjies in elke poeding en skep die sous bo-oor. Laat afkoel.
Haal uit die bakkies en sit voor met vla.

Posted on May 29, 2016 by recipes2live4

Reply

Jy ken dié poeding ook as sticky toffee pudding.
Dis ’n absolute wenner.
4 – 6 Porsies
• 100 g (80 ml) bruinsuiker
• 175 g (300 ml) bruismeel
• 125 ml melk
• 1 eier
• 5 ml vanieljegeursel
• 50 g (50 ml) botter, gesmelt
• 150 g karamelblokkies, gehalveer
Sous
• 200 g (250 ml) bruinsuiker
• 30 g (30 ml) botter
• 500 ml kookwater
Verhit oond tot 190 °C. Smeer ’n langwerpige
oondbak van sowat 27 x 20 cm met botter. Meng
bruinsuiker en meel in ’n groot mengbak. Klits
melk, eier, vanieljegeursel en gesmelte botter saam.
Voeg vloeibare mengsel by die meelsuikermengsel
en meng goed
met ’n houtlepel. Vou karamelblokkies in beslag en
giet in die oondbak.
Sous Sprinkel 200 g bruinsuiker oor en stip met 30
g botter. Giet kookwater oor. Bak vir 40 – 45
minute. Sit voor met roomys.

Posted on May 29, 2016 by recipes2live4

2

Bestanddele:
1½ koppie meelblom
1 koppie melk
1 eier
1 eetlepel fyn gemmer
1 koppie suiker
½ koppie sagte botter
1 teelepel koeksoda, gelykvol
2 eetlepels fyn appelkooskonfyt
Stroop:
1 koppie suiker
2 koppies kookwater
1 teelepel fyn gemmer
Metode:
Voorverhit die oond tot 180 C. In ‘n mengbak room die botter en suiker. In ‘n aparte
bak, sif meel, koeksoda en gemmer saam. Klop meelmengsel by die geroomde botter-en-suike
r in. In ‘n aparte bakkie, klits eers die eier, melk en appelkooskonfyt
saam en klits dit dan in by meelmengsel in om loperige beslag te vorm. Gooi die
beslag in ‘n groot bakskottel skottel waarin die volgende stroop aangemaak is:
Stroop: In die bakskottel waarin die poeding gebak gaan word, roer die suiker, kookwater
en fyn gemmer tot die suiker opgelos is. Skep die beslag bo-op die vuurwarm stroop,
maar moenie deurroer of meng nie. Bak tot gaar, 35-40 minute. Toets met ‘n toetspennetjie.
Die poeding sal bo-op die stroopmengsel dryf. Bedien warm of koud in die stroop,
met vla of room daarby.

Nagereg – recipes2live4's Blog (2024)
Top Articles
Latest Posts
Article information

Author: Twana Towne Ret

Last Updated:

Views: 5906

Rating: 4.3 / 5 (44 voted)

Reviews: 91% of readers found this page helpful

Author information

Name: Twana Towne Ret

Birthday: 1994-03-19

Address: Apt. 990 97439 Corwin Motorway, Port Eliseoburgh, NM 99144-2618

Phone: +5958753152963

Job: National Specialist

Hobby: Kayaking, Photography, Skydiving, Embroidery, Leather crafting, Orienteering, Cooking

Introduction: My name is Twana Towne Ret, I am a famous, talented, joyous, perfect, powerful, inquisitive, lovely person who loves writing and wants to share my knowledge and understanding with you.